KWAZULU-NATAL. – 12 persone het gesterf en 38 het beserings opgedoen toe ‘n bus en ‘n vragmotor Maandagaand op die R34-Matatanipad tussen Vryheid en Ulundi reg van voor met mekaar gebots het.
Craig Botha van KwaZulu Ambulance Serice sê paramedici het hulle na die toneel gehaas. Tien van die beseerdes het kritieke beserings opgedoen, 22 is ernstig beseer en ses het geringe beserings opgedoen. ‘n Gesamentlike span, bestaande uit verskeie nooddienste, het volgens Botha saamgewerk om die beseerdes te stabiliseer voordat hulle na nabygeleë mediese fasiliteite vervoer is.
Nege persone is met die aankoms van nooddienste op die toneel dood verklaar. Drie ander kritiek beseerde persone het later in die hospitaal gesterf.
Botha sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





