In die tyd waarin ons lewe is dit belangrik om oefening deel van jou lewe te maak. Staan vyf minute van jou tyd soggens af en doen hierdie maklike bewegings in die bed.
Doen dit soggens
“Ek het nie tyd nie,” is die eerste verskoning wat jy noem wanneer jy moet begin oefen. Kry oefeninge wat in jou skedule pas en nie baie tyd neem nie. Alhoewel die gimnasiums steeds toe is, is daar klein veranderinge aan jou roetine wat jy kan doen om gesonder te lewe.
Dié oefening kan jy soggens voordat jy uit jou bed uit opstaan, doen.
Kussing tussen jou bene
Hierdie is ’n kragoefening wat die iliopsoas (die voorste heupfleksors) teiken. Jy gebruik ook jou maagspiere om jou liggaam te stabiliseer. Hoe sterker jou spiere word, hoe makliker gaan jy die oefening uitvoer. Knyp ’n kussing tussen jou bene vas om hierdie oefening bietjie moeiliker te maak.
Volg die stappe:
- Lê op jou rug met jou bene reguit en teen mekaar.
- Lig jou bene op tot jou voete na die plafon wys.
- Sak jou bene stadig af tot net bokant die bed. Moenie dat jou bene aan die bed raak nie en hou vir drie tellings.
- Lig jou bene weer op en herhaal.
ONTHOU: Hou altyd jou bene so reguit as moontlik.
LEES OOK: Shane Jordaan se liggaam vandag gevind, soektog afgelas
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.