MPUMALANGA. ‘n Vroulike dokter (34) is Woensdagoggend omstreeks 05:30 noodlottig buite ‘n gimnasium in Bombela (Nelspruit) gewond.
Brig. Donald Mdhluli sê daar kon tydens voorlopige ondersoek vasgestel word die dokter het by ‘n staatshospitaal gewerk, maar die motief vir haar moord is tans nog onbekend. Die polisie en nooddienste is ontbied waar die vrou se liggaam buite haar motor gelê het. Sy is dood verklaar.
Mdhluli sê daar word na twee verdagtes gesoek. Die dokter is as Nondumiso Sibanyoni geïdentifiseer.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om kol. Thami Mkhaliphi by 082 408 9831 te bel.





