Donald Trump stel weer sperdatum vir verbod op TikTok uit

Lees ook :

Donald Trump stel sperdatum vir verban van TikTok weer uit fotokrediet: Canva

VSA. – Volgens die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, het Donald Trump weer dié week die sperdatum om TikTok te verban, uitgestel.

Lees ook: TikTok vir nog 75 dae veilig in VSA

Trump het ’n bevel geteken om die sperdatum met nog 90 dae uit te stel.

’n Wet is deur oudpresident Joe Biden geteken om TikTok te verban tensy ByteDance, die maatskappy wat TikTok besit, die toep aan ’n Amerikaanse persoon of maatskappy verkoop. Die wet het gevolg ná kommer oor die veiligheid van Amerikaanse gebruikers se data. Trump het in Januarie begin om die sperdatum uit te stel waarteen die toep verkoop moet word.

Hy het voorheen gesê hy is seker hy sal China en ByteDance kan oortuig om die toep te verkoop.

Bronne: BBC, New York Times, USA Today

Lees ook: TikTok vir nog 75 dae veilig in VSA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief