Dood van 5 leerlinge in 1993 deur weermag word geregtelik ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Die dood van vyf leerlinge wat in 1993 deur die Suid-Afrikaanse Weermag (SANW) in Mthatha doodgeskiet is, sal geregtelik ondersoek word om vas te stel of vervolging ingestel kan word. Die versoek vir ‘n gesamentlike geregtelike ondersoek is deur die minister van justisie en korrektiewe ontwikkeling aan die nasionale direkteur van openbare vervolging toegestaan.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Mzwandile Mfeya en Sandiso Yaso (beide 12 jaar oud), die 16-jarige tweeling Samora en Sadat Mpendulo, asook Thando Mthembu (17), is op 8 Oktober 1993 in AC Jordanstraat 47 in die Northcrest-woonbuurt dood. Die leerlinge was besig om vir hul eindeksamen voor te berei in die huis van Sigqibo Mpendulo, ‘n PAC-aktivis.

Daar is vermoed dat lede van die PAC se voormalige militêre vleuel, die Azanian People’s Liberation Army (APLA), wapenvoorraad daar versteek het. Die deur is oopgeskop en daar is op die inwoners geskiet. Op dieselfde dag het die SAW ’n verklaring uitgereik waarin hulle verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar het.

‘n Geregtelike doodsondersoek sal in die Mthatha-hooggeregshof plaasvind. ‘n Datum vir die ondersoek moet nog deur die regspresident vasgestel word. Volgens die NVG sal verskeie getuienis, insluitend van familielede van die oorledenes, aan die hof voorgelê word. Die doel is om vas te stel of iemand krimineel aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes.

Tyali bevestig dat die proses deel is van voortgesette pogings om die gruweldade van die verlede aan te spreek en om families van slagoffers afsluiting te bied.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief