Man kry lewenslange tronkstraf vir dubbele moord

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Raymond Steven Jan-Erick Smith (37) van Proklamasieheuwel is deur die Pretoria-hooggeregshof tot twee keer lewenslank, vir die moord op Grant Cantello (47) en Heidi Cantello (47), sy vrou, gevonnis.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê Smith is ook addisioneel drie jaar vir poging tot moord en agt jaar vir poging tot roof gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Op 23 Julie het die NVG-batebeslagleggingseenheid ‘n bewaringsbevel vir Smith se 2011 Nissan X-Trail, ter waarde van R65 000, verkry.

Smith het hom op 27 Januarie as ’n voornemende koper vir die huis van Gerald Cantello (74) en Lilian Janson Cantello (71) voorgedoen. Die huis was in die mark vir R2.7 miljoen en verskeie items waardevolle elektriese toerusting kon op advertensies gesien word. Hy het die huis drie keer besoek en het die derde keer teruggekeer om te roof.

Die egpaar is oorweldig en hulle gesin is aangeval. Die bejaarde egpaar se seun en skoondogter is doodgesteek, terwyl ’n 16-jarige seun kon ontkom en die polisie ontbied. Smith is die volgende dag in hegtenis geneem. Staatsadvokaat Lawrance More het suksesvol vir lewenslange tronkstraf gepleit. Die tienerseun het met sy slagofferimpakverklaring die trauma wat hy deurgemaak het, verklaar. Hy moes van skool verander terwyl die bejaarde Cantello drie weke in die hospitaal moes deurbring.

Die hof het geen versagtende omstandighede vir die moord met voorbedagte rade wat oor die bestek van 11 dae beplan is, gevind nie.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief