POSTMASBURG – Die polisie op Postmasburg het op 29 Februarie drie buitelanders vir dagga-handel in hegtenis geneem.
Kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ’n bedrag van R26 990 kontant in die besit van die drie verdagtes gevind. Dagga ter waarde van ongeveer R28 756 is gekonfiskeer.
