Lees ook: Verdagte dood en drie beseer in skietery met polisie
MITCHELLS PLEIN. – Drie mans is dood en ses mense is beseer in ’n aanval op ’n taverne in Mitchells Plein.
Die polisie het gesê twee onbekende gewapende verdagtes het op ’n groep mans in ’n taverne in Stratusstraat in Rocklands geskiet. Drie mans is op die toneel dood en ses is beseer en na ‘n hospitaal geneem.
Volgens die polisie is die aanval moontlik bendeverwant.
Bronne: SAPD
Lees ook: Verdagte dood en drie beseer in skietery met polisie





