Drie dood, verskeie beseer ná verdagte by VSA-winkel skiet

Lees ook :

Drie dood, verskeie beseer ná verdagte skiet by VSA-winkel parkeerarea fotokrediet: X

TEXAS, VSA. – Drie mense, insluitend ’n kind, is gister dood en vier mense is beseer nadat ’n man op ’n Target-parkeerterrein in Austin, Texas, op mense geskiet het.

Lees ook: Agt mense dood in skietery buite nagklub in Ecuador

Die kind en een volwassene is op die toneel dood verklaar en die derde slagoffer, ’n volwassene, is in ‘n hospitaal dood verklaar.

Die verdagte, wat volgens die polisie ’n geskiedenis van “geestesgesondheidsprobleme” en ’n misdaadrekord het, is in hegtenis geneem nadat hy ’n voertuig gesteel het, ’n ongeluk gemaak het en toe nóg ’n voertuig gesteel het om mee te vlug. Hy is in Suid-Austin in hegtenis geneem nadat ’n polisiebeampte ‘n skokapparaat op hom gebruik het.

Die motief vir die skietery is onbekend.

Bronne: CNN, The Independent, CBS News

Lees ook: Agt mense dood in skietery buite nagklub in Ecuador

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief