LIMPOPO. – Patrick Mbombi, Thabo Moye Makgopa en Javas Mongwe, verhoorafwagtende moordverdagtes wat as gewapen en gevaarlik beskryf word, het vanoggend (Dinsdag) omstreeks 05:35 uit die Letsitele-polisieselle naby Tzaneen in die Mopani-distrik ontsnap.
Kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits daar word beweer polisielede wat aan diens was, is oorrompel, waarna die verdagtes te voet gevlug het.
Enigiemand wat weet waar die drie hulle bevind, word gevra om lt.kol. Mavis Shilubane, speurbevelvoerder, by 082 469 0900 te bel. Alle inligting sal met die grootste vertroulikheid hanteer word.
Ledwaba sê die polisie se ondersoeke duur voort.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





