LIMPOPO. – Die polisie vra die publiek om vir drie beweerde gewapende rowers op die uitkyk te wees wat glo Saterdag omstreeks 01:30 ‘n vulstasie in die Mopani-distrik beroof het.
Kol. Malesela Ledwaba sê die verdagtes het na bewering die Sasol-vulstasie in Nkunakraal in Hlangani bestorm, die kluis opgeblaas en met ‘n onbekende bedrag geld gevlug. Die roof is deur CCTV-kameras opgeneem. Die drie gewapende rowers is sedertdien as Theo Mabunda, Alfred Khoza en Zolito (waarvan die van tans onbekend is), geïdentifiseer. Hulle mag moontlik in Tembisa, Mofolo-Noord en Soweto wegkruip.
Ledwaba sê die verdagtes is gewapen en gevaarlik en die publiek word ten sterkste afgeraai om hulle te nader, maar eerder die polisie te ontbied.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om kapt. Jabu Kubai van die provinsiale moord-en-roofeenheid by 072 905 5678 te bel.