Drie mans val vrou aan naby inkopiesentrum

’n Vrou het op Donderdagoggend net na 6:00 in Strubenlaan op pad na haar werk geloop toe drie mans haar oorval het. “Ek het haastig gestap werk toe en met my ma op die foon gepraat. Ek het verby Riviera Spar in Schmidtsdriftstraat gestap toe ek die drie mans...

’n Vrou het op Donderdagoggend net na 6:00 in Strubenlaan op pad na haar werk geloop toe drie mans haar oorval het.

“Ek het haastig gestap werk toe en met my ma op die foon gepraat. Ek het verby Riviera Spar in Schmidtsdriftstraat gestap toe ek die drie mans vir die eerste keer gesien het. Hulle het by die OTM gestaan, maar ek het nie verder aandag daaraan gegee nie,” verduidelik die slagoffer wat weens die skok en trauma anoniem wil bly.

Samaritaan kom tot slagoffer se redding

“Ek het nooit opgelet die drie verdagtes agtervolg my nie. By die voetpaadjie by Silsongstraat en Sturbenlaan net toe die verdagtes my wou gryp, stop daar ’n man met ’n wit bakkie. Hy het een van die verdagtes gegryp en met ’n oophand geklap. Die verdagte het losgeruk en saam met die ander twee weggehardloop.”

“Ek was in skok, maar dankbaar. Die man het by my kom staan en aan my verduidelik dat hy nie verder bystand kan lewer of my werk toe kan bring nie. Hy het gesê hy het gesien toe die drie verdagtes my vanaf die Spar agtervolg het. Hy het verder aan my verduidelik dat hy op pad is na ’n myn op Postmasburg vir ’n vergadering.”

Dankbaar vir samaritaan se bystand

“Hy was ’n engel wat gestuur is om my lewe te gered. Hy het ’n klein seuntjie se moeder se lewe gered. Ek wil die samaritaan bedank. Dankie dat jy nie verbygery het nie.”

Indien enige persoon meer inligting het oor die voorval in Strubenlaan, kontak ons per WhatsApp of stuur ’n e-pos na michael@find-it.co.za.

Laura Wolvaardt teken meeste punte sover by ODI aan vir Proteas

Vandag is Wêreldkunsdag

Kan jy die naam van Bernice se volgende enkelsnit raai?

Man van Kroonstad sedert fratsvloede vermis

Boulders Beach tweede beste strand ter wêreld

Man verdrink op Saldanhabaai

Dink mooi voordat jy ’n onderwyser word

Christine van OME! deel verlowingsvideo

Voetgangers sterf toe voertuig in hulle inploeg

KYK: Dirk van der Westhuizen se hartroerende besoek aan kankerpasiënt

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde