Vier verdagtes in twee insidente vas vir dwelms

Lees ook :

Die polisie in Kimberley het vier verdagtes op Vrydag 8 Maart 2019 vasgetrek en vir die handeldryf met dwelms in hegtenis geneem.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie sê: “Die Francis Baard-taakspan het ’n verdagte voertuig tydens ’n patrollie gewaar. Die voertuig het weggejaag toe die patrollie nader beweeg het. Die beamptes het die verdagte agterna gesit en die verdagte vasgetrek, waarna die beamptes dagga in die voertuig gevind het.”

“Die verdagte se woning is deursoek en dwelms ter waarde van R19 000 is gevind. Daar is beslag gelê op 53g Khat, 1.8g Rok, 2g dagga en ’n onbekende som geld. ’n Vrou wat by die woning was, is ook in hegtenis geneem. Beide verdagtes, 30 en 37, gaan binnekort op aanklag vir die handeldryf met dwelms in die Kimberley-streekshof verskyn,” verduidelik kapt. Kock.

Kapt. Kock sê: “Die taakspan het in nog ’n insident twee verdagtes by die Indian Centre Market vasgetrek nadat die polisie ’n wenk vanaf die publiek ontvang het. Dagga ter waarde van R700 en ’n onbekende bedrag geld is in hulle besit gevind. Die verdagtes, 39 en 40, sal binnekort in die Kimberley-streekshof verskyn.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App