TIROOLSE ALPE, OOSTENRYK. – Drie mense, twee broers en een van die broers se vrou, is Sondagmiddag dood ná hulle deur weerlig getref is terwyl hulle in die Tiroolse Alpe gestap is.
Lees ook: Drie mense dood ná Israel Iranse staatsmediagebou aanval
Die drie was besig om bergaf te stap toe ’n donderstorm skielik uitgebreek het. Hulle familie het hulp ontbied toe hulle nie op die afgespreekte tyd teruggekeer het nie.
’n Reddingshelikopter het die drie mense se liggame naby ’n bergpad gekry. Owerhede glo hulle is dood weens ’n enkele weerligstraal.
Bronne: The Independent, DevDiscourse, Arise News
Lees ook: Drie mense dood ná Israel Iranse staatsmediagebou aanval





