Drie sterf in kop-aan-kop-botsing in Middelburg

Lees ook :

Foto: Departmente van Gemeenskapsveiligheid, Skakeling en Sekuriteit

MPUMALANGA. – Twee mans en een vrou is Vrydagoggend op slag in ’n kop-aan-kop-botsing tussen ’n Sprinter-minibus en ’n Quantum-minibustaxi op die pad tussen die R555 en Mandelarylaan in Middelburg dood. ’n Ligte afleweringsvoertuig was ook by die ongeluk betrokke.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê in ‘n verklaring die drie oorledenes was passasiers in die taxi’s. Ten minste 14 ander mense, insluitend een bestuurder, het ernstige beserings opgedoen. Drie persone, onder wie die bestuurder van die ligte afleweringsvoertuig, is lig beseer.

Volgens inligting het die insittendes van die minibus van Mhluzi gekom en was op pad werk toe by een van die myne in Middelburg. Die gewondes is deur nooddienste na hospitale in Middelburg vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bevestig nie, maar roekelose en nalatige bestuur kan nie in hierdie stadium uitgesluit word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief