Drie verdagtes deur die polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Drie verdagtes is Maandagaand in Indwe noodlottig gewond tydens ‘n skietery met die nasionale intervensie-eenheid (NIU) van die polisie.

Lt. kol. Siphokazi Mawisa sê die insident het na 19:00 gebeur toe die polisielede ‘n verdagte wit Toyota Etios met ‘n Oos-Kaapse registrasienommer voor ‘n kerk in Voortrekkerstraat in Indwe se sakegebied geparkeer gesien staan het.

Terwyl die polisie die voertuig genader en hulle geïdentifiseer het, het een van die insittendes van die Etios glo op hulle begin skiet. Die polisiebeamptes het teruggeskiet en al drie insittendes van die voertuig noodlottig gewond. Twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is saam met die Etios gekonfiskeer.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen en Opod ondersoek die voorval.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief