Drie verdagtes deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – Drie verdagtes is dood en nog drie is beseer toe ‘n skietgeveg Sondag met die polisie in die Phelandaba-gebied uitgebreek het. ‘n Verlore polisiewapen wat vantevore teruggevind is, is by die verdagtes gekry.

Luidens kol. Robert Netshiunda is inligting ontvang oor drie moorde wat gedurende 2023 in Emanguzi, asook ’n moord wat in Oktober 2025 in Ingwavuma gepleeg is. Die inligting het aangedui dat die gesoekte verdagtes in Phelandaba was. Met dié wat polisiebeamptes hulle nader, het hulle op die beamptes geskiet. ‘n Skietgeveg het uitgebreek toe die polisie teruggeskiet het om hulleself en inwoners te beskerm.

Twee verdagtes is op die toneel dood, terwyl vier na ’n nabygeleë mediese fasiliteit geneem is, waar een van hulle met aankoms dood verklaar is. Twee vuurwapens is by die verdagtes gevind. Een se reeksnommer was reeds gedeeltelik afgevyl, terwyl voorlopige ondersoek aangedui het dat die ander wapen ’n polisiewapen is wat in April 2009 by Newlands-Oos as verlore aangemeld is. Polisiedata toon verder dat dieselfde wapen in 2010 by die Nhlanhleni-polisiestasie teruggevind is. ’n Ondersoek is aan die gang om vas te stel hoe die wapen weer in misdadigers se hande beland het.

Netshiunda het gesê dat enige persoon wat aan nalatigheid of enige vorm van misdryf gekoppel kan word, die volle regsgevolge sal moet trotseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief