Drie verdagtes op aanklag van veediefstal vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Aobakwe Kenewang, Lebogang Dithejane en Mosimanegape Bogatsu, is Dinsdag op ‘n klag van die diefstal van beeste ter waarde van R400 000 in hegtenis geneem. Hulle het Vrydag in die Sannieshof-landdroshof verskyn en bly in aanhouding totdat die saak weer op 26 April voorkom.

Lt.kol. Amanda Funani sê die verdagtes het na bewering op 15 April die 40 beeste op ‘n plaas naby Delareyville gesteel.

Die veewagter het Dinsdagoggend die boer hieroor ingelig. Die spoor van die diere is gevolg tot op ‘n plaas waar hulle sonder die eienaar se wete gelaat is. Die verdagtes het die eienaar daarna gebel en gesê hulle is onderweg om die beeste te gaan haal.

Die polisie het hulle egter ingewag, in hegtenis geneem en die beeste aan hulle regmatige eienaar terugbesorg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief