Driejarige se gedenkdiens na fratsongeluk met fiets

Lees ook :

Nina de Villiers, een van ‘n tweeling, is Sondag in die MediClinic Durbanville oorlede nadat sy en haar tweelingsussie Nikola in hul ouerhuis op ‘n plaas met hul fietse gery het. Nina het blykbaar haar fietsie se handvatsels omgedraai en geval.

Eldie Marais, ouma van die tweeling, sê die ouers laat juis hulle kinders binne die huis fietsry, omdat hulle nie buite kan ry as gevolg van al die klippies nie.

Nadat die tweeling se ouer sussie (9) gesien het wat gebeur, het Natasha (32), hulle ma, dadelik hospitaal toe gejaag, maar Nina is kort daarna oorlede.

Dr. Willem Smit, die pediater wat deel was van die span wat Nina se lewe probeer red het, het ‘n roerende boodskap op Facebook gedeel van die tragedie wat hom diep geraak het. “Today was one of those days that gets engraved into your brain that leave scars for the rest of your life…
Despite all human efforts it’s sometimes not good enough. And then comes the part where you have to go tell the patents that we have tried our best but still failed to be successful. And for the sake of the family you have to hold yourself together while your own heart is pounding and breaking to have seen a 3 year old girl die in front of your eyes. And for the sake of the family you have to hold yourself together while your own heart is pounding and breaking to have seen a 3 year old girl die in front of your eyes.”

Dr. Willem Smit
Facebook


Nina word oorleef deur haar pa Nikie (40), haar ma Natasha, haar ouer suster en haar tweelingsussie (3).

Natasha se suster, Natalie, het “The Nina Memorial Fund” namens haar suster en swaer geskep om hulle te help met hulle medesie-, begrafnis- en ambulansdiensonkostes.

“Haar skielike dood het die hele familie geruk en ons harte is in stukke,” skryf Natalie op die “The Nina Memorial Fund”-blad.

Nina se gedenkdiens vind Saterdag 16 Februarie in Durbanville by die NG Kerk Bergsig plaas.

Indien jy die familie wil help, kliek op die skakel vir meer inligting.

The Nina Memorial fund

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App