Dwelmhandelaars vasgetrek

Lees ook :

KEIMOES – Op 23 Februarie 2020 het konstabels van die misdaadvoorkomingseenheid op Keimoes inligting rakende dwelms en ’n vermeende dwelmhandelaar opgevolg.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê ’n seisoenwerker wat op ’n plaas in die Keimoes-distrik woon, is met die dwelms in sy besit betrap. “Gedurende die ondersoek het die polisie ’n halwe swartsak met dagga van 14.11 kg en 65 steggies van daggaplante met ’n geskatte straatwaarde van R99 000 ontdek.”

’n 39-jarige man is op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die Keimoes-landdroshof op ’n aanklag van die besit van dagga verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief