Een minuut met Rudi Claase

Lees ook :

Een minuut met Rudi Claase

Rudi Claase is nie ’n onbekende naam in die musiekbedryf nie. Hy glo vas dat sy loopbaan deur God bestem is. Musiek is so deel van sy DNA dat selfs asemhaling vir hom soos neurie voel.

Volgens hom is hy gevorm tot die sanger wat hy vandag is deur die tye toe hy self sy luidsprekers moes rondskuif, eie klank moes doen en soms voor ondankbare gehore moes optree.

Hy bly gegrond te midde van sy werk deur “God en stilte.” Volgens hom kan asemhaal én skree gebed wees.

’n Nuwe enkelsnit is binnekort op pad. Verder is hy opgewonde oor sy eerste produksie, Afrikaans het Gees, wat op 24 Augustus by Moreletapark-kerk plaasvind. “Dit is enorm. Ek en Suzette (sy vrou) is so dankbaar.”

Sy raad aan diegene wat in sy voetspore wil volg, is om te weet wie hulle is. “Moenie toelaat dat die industrie van jou ’n skaap maak nie. Jou unieke ritme sal voete, hande, harte en siele laat beweeg. Dan is jy ’n legende.”

Hy het talle staaltjies oor sy tyd in die kollig, maar vir hom staan die voorval toe hy amper nie die badkamer gehaal het nie beslis uit. “Al wat ek gaan sê, is dat ’n mens se blaas nie altyd op jou skedule homself moet verlos nie!”

Rudi voel dit is bekendes se verantwoordelikheid om ’n bydrae te lewer wat goedheid en guns bo alles stel. “Vermaak is ’n enorme voorreg.”

Hy wil lesers met die volgende gedagte laat: “Maak geluk ’n keuse en weet dat jy mense leer hoe om jou te hanteer. As jy ongemaklik voel … vertrou die sintuig wat hierdie ongemak in jou laat vibreer.”

Besoek sy platforms:

Webblad

Facebook

Instagram

Tik-tok 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief