Eetbare klei, verf en glitter vir jou kind se paaseiers

Lees ook :

Paasfees is 'n geseënde tyd vir familie en vriende om saam te wees. Jy kan dit nog lekkerder maak vir die kinders deur 'n paar wit lekkergoedbedekte sjokolade-eiers met eetbare verf en klei en glitter vir hul voor te sit.
Paasfees is 'n geseënde tyd vir familie en vriende om saam te wees. Jy kan dit nog lekkerder maak vir die kinders deur 'n paar wit lekkergoedbedekte sjokolade-eiers met eetbare verf en klei en glitter vir hul voor te sit. (Foto: Good Housekeeping)

Paasfees is ‘n geseënde tyd vir familie en vriende om saam te wees. Jy kan dit nog lekkerder maak vir die kinders deur ‘n paar wit lekkergoedbedekte sjokolade-eiers met eetbare verf en klei en glitter vir hul voor te sit.

Hierdie is ‘n vinnige vingerverfresep deur Boererate

Bestanddele:
2 koppies meelblom
1 koppie koue water
4.5 koppies kookwater
voedselkleursel
Meng die meel met die koue water. Gooi nou koppie vir koppie kookwater by en roer deeglik na elke koppie wat jy bygooi. Dit behoort so dik soos vla te word. As dit nie wil verdik nie, plaas dit in ‘n kastrol op die stoof oor lae hitte.
Gooi nou in klein botteltjies en voeg verskillende kleure voedselkleursel by elkeen. Meng goed.

Hierdie soet klei deur Kreatiewe kos idees sal jou kinders ure besig hou terwyl hulle vir hul paaseiers hoedjies en stertjies maak.

Bestanddele:

80 ml margarien
80 ml stroop
1 ml vanieljegeursel
4 k versiersuiker

Metode:

Smelt die margarien, stroop en anielje saam. Laat effens afkoel en voeg versiersuiker by.
Knie baie goed om tot klei te vorm.
Verdeel klei en kleur met verskillende kleure kleursel.

Hierdie resep vanaf EFerrit is baie oulik as jy ‘n bietjie glitter vir hul wil voorsit.

Bestanddele:

  • 1/4 koppie suiker
  • 1/2 teelepel vloeibare koskleursel

Wit suiker of enige van die ander soorte kristalsuikers kan gebruik word. Vermy egter bruinsuiker (te klam) en strooisuiker (nie vonkel nie). Gebruik vloeibare voedselkleursel omdat pastakleursel moeiliker is om te meng en mag verkleur as dit gebak word.

  1. Meng die suiker en koskleursel bymekaar.
  2. Bak die gekleurde suiker teen 350 grade F (180 grade C) in ‘n oond vir 10 minute.
  3. Stoor die suiker glitter in ‘n verseëlde houer om dit teen vog te beskerm.

So kan jou kinders hulleself vermaak en bietjie kunstig raak en daarna dit nog eet ook!

Lees ook: Nasionale sjokoladekoek-dag

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief