Lees ook hier.
CULLINAN, GAUTENG. – Egiptiese burgers, Saeed Basonda (37), ‘n monnik, en Samuel Avamarkos (47), ‘n priester, het op aanklagte van drie moorde op priesters van die Koptiese Ortodokse Kerk op 12 Maart verskyn.
Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê na bewering het die beskuldigdes vir Takla Elsmwaeili Ayoub Attia Mossoud Mouss, Marcos Shawkat Nasry Morid Wanas Mina en Marcos Mofed Tawfek Isaac Youstos, al drie priesters, op die kerkperseel waar hulle bly, doodgesteek.
‘n Werker het op die liggame afgekom toe hy vir diens aanmeld. Hy het die diaken ingelig en die polisie is ontbied.
Mahanjana sê na ondervraging is die twee beskuldigdes in hegtenis geneem. Die saak is vir formele borgaansoek tot 28 Maart uitgestel. Beide die beskuldigdes bly in aanhouding.
“The NPA intends to oppose bail in the matter.”





