Egpaar in hof nadat 4-jarige verkrag en vermoor is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Man en vrou het Dinsdag op verskeie aanklagte ná die dood van hulle 4-jarige dogter in die Protea-landdroshof verskyn. Die pa is van moord, verkragting, gedwonge verkragting, kindermishandeling en aanranding aangekla. Die ma is op ‘n afsonderlike saak aangekla vir die versuim om dadelik seksuele misdade teen ‘n minderjarige kind aan te meld.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring bure het die kind hoor skree en is na die huis waar die pa met ‘n selfoon afgeneem is waar hy glo besig was om die kind te slaan. Die video is versprei, waarna die voorval by Eldorado Park-polisie aangemeld en die polisie na die toneel ontbied is.

Die pa is op 6 Augustus in hegtenis geneem. Tydens die ondersoek is die ma ook in hegtenis geneem. Na bewering het die ma van die seksuele aanranding van die kleuter geweet, maar het dit nie in terme van die wet by owerhede aangemeld nie.

Beide die ouers bly in aanhouding totdat hulle op 18 Augustus vir borgtog kan aansoek doen. Mjonondwane sê die onlangse toename in ouers wat aangekla word van die moord op en mishandeling van hul kinders, is ’n ernstige bron van kommer vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG). “Ons bly standvastig in ons pogings om kinderregte en -veiligheid te bevorder. Ons kinders is van ons afhanklik om hul stem te wees en ons sal niks ontsien om te verseker dat geregtigheid geskied nie.”

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief