KWAZULU-NATAL. – Die polisie in Kokstad het ’n geregtelike doodsondersoek geopen nadat ’n erg ontbinde liggaam Donderdagoggend onder ’n ou voertuig by ’n huis wat in die Ematsheni-gebied van Shayamoya in Kokstad in aanbou is, gevind is.
Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê die toestand van die liggaam is sodanig dat dit nie geïdentifiseer kan word nie en die geslag van die oorledene ook nie bepaal kan word nie. Geen gemene spel word in hierdie stadium vermoed nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: