Families van gyselaars betoog in Israel

Lees ook :

Families van gyselaars betoog in Israel fotokrediet: X

ISRAEL. – Die Hostages and Missing Families Forum het saam met die families van gyselaars wat steeds in Gasa aangehou word betogings in Israel gereël.

Lees ook: Betogings in Israel duur voort

Die groep en die families het hoofpaaie blokkeer en gaan vanaand ’n byeenkoms in Tel Aviv hou. Die groep eis dat Israel se militêre operasies in Gasa moet stop, dat ’n skietstilstand bereik word en dat die gyselaars teruggekry moet word.

Die groep het ’n beroep op die Amerikaanse president, Donald Trump, gedoen vir hulp om ’n skietstilstandooreenkoms te finaliseer en die gyselaars te bevry. 20 gyselaars wat deur Hamas aangehou word, lewe nog, met sowat 30 dooies, waarvan die liggame steeds teruggehou word.

Die families en van die betogers het kommer uitgespreek dat nog militêre optrede deur Israel die gyselaars in gevaar sal stel en het gesê: “Ons wen nie ’n oorlog oor die liggame van gyselaars nie”.

Bronne: BBC, The Times of Israel, NDTV

Lees ook: Betogings in Israel duur voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief