Fluitjieblaser beweer Meta het nasionale veiligheid ondermyn oor besigheid in China

Lees ook :

Meta fluitjieblaser beweer maatskappy het nasionale veiligheid ondermyn oor besigheid in China fotokrediet: Canva

VSA. – ’n Fluitjieblaser van Meta, die Amerikaanse tegnologiese konglomeraat, het gister (Woensdag) voor die Amerikaanse kongres getuig die maatskappy het die nasionale veiligheid ondermyn deur ’n besigheid van $18 miljard in China te bou.

Lees ook: Prins Harry appelleer oor beskerming in VK

Sarah Wynn-Williams, ‘n voormalige werknemer van Facebook, het gesê sy was getuie van hoe die Meta-base besluit het om die Chinese Kommunisteparty toegang tot die data van Meta-gebruikers te gee en dat die base saam met die party gewerk het om gebruikers te sensor wat teen die party is.

Meta het die bewerings by monde van sy woordvoerder ontken: “Die feit is dit: ons bied nie vandag ons dienste in China aan nie”.

Meta het wel erken hulle kry inkomste van adverteerders in China.

Bronne: BBC, Tech Crunch, Newsbytes

Lees ook: Prins Harry appelleer oor beskerming in VK

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief