Brekende Nuus
Afrikaans

Gasa-gesondheidsministerie sê 72 Palestye dood in 24 uur

Gasa gesondheidsministerie sê sowat 72 Palestynse burgers dood in 24 uur

fotokrediet: Canva
Gasa gesondheidsministerie sê sowat 72 Palestynse burgers dood in 24 uur fotokrediet: Canva

GASA. – Volgens die Gasa-gesondheidsministerie het 72 Palestynse burgers is dood en meer as 350 is beseer in die laaste 24 uur in Israeliese aanvalle.

Lees ook: Katar se soektog na vermiste persone en menslike oorskot duur voort ná Israel-aanval

Plaaslike owerhede het gesê sowat 27 mense is dood in aanvalle op Gasastad en dat minstens sewe Palestynse burgers wat op pad was vir noodhulp in Khan Younis gedood is. Israel het nog geen kommentaar oor die dood van die Palestynse burgers wat noodhulp gesoek het, gelewer nie, maar het voorheen gesê hulle vuur slegs waarskuwingskote af. Ooggetuies het gesê die Israeliese weermag het geskiet op skares wat die aangewysde paaie gevolg het om by die noodhulp uit te kom.

Volgens die Gasa-gesondheidsministerie staan die dodetal in Gasa al op 64 718. Die VN het gesê meer as  twee derdes was vrouens en kinders.

Bronne: Euronews, Sky News, Al Jazeera

Lees ook: Katar se soektog na vermiste persone en menslike oorskot duur voort ná Israel-aanval