Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n geel vlak 2-waarskuwing vir swaar reën vir KwaZulu-Natal uitgereik.
Lees ook: Minstens 180 mense dood in Pakistan ná monsoon
Die waarskuwing geld vir Margate, Cathula, Pennington, King Shaka-lughawe, Ndwedwe, Maphumolo, Mandini en Eshowe. Daar is ’n moontlikheid van oorstromings.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir onstuimige deinings is vir die kusgebiede in die Noord-Kaap, Wes-Kaap en Oos-Kaap uitgereik.
Mense word herinner om die weer vir enige verandering dop te hou.
Bronne: SAWD





