Geen rede om Covid-inentings te stop nie, beslis hof

Lees ook :

Geen rede om Covid-inentings te stop nie beslis hof
Geen rede om Covid-inentings te stop nie beslis hof fotokrediet: Canva

Lees ook: KZN-LUR herinner mense om higiëne toe te pas tydens pienkooguitbraak

PRETORIA. – Drie nie-winsgewende organisasies het hulle na die Gautengse hooggeregshof gewend om die regering te keer om Covid-inentings aan die publiek beskikbaar te maak.

Hulle het ook gevra daar moet ‘n interdik teen die regering gekry word om hulle daarvan te weerhou om mense aan te moedig om die Covid-inentings te kry en die entstof te versprei. Die organisasies het gesê hulle het “vreemde mediese toestande” gesien in individue wat die Covid-inentings ontvang het. Hulle het gesê mense se “bloedselstrukture het verander en daar was vreemde middels in mense se bloed” na hulle die inentings ontvang het.

Die organisasies wou hê die inentings moet gestop word. Daar was ook verskeie dokters wat gesê het hulle het vreemde mediese toestande in hulle pasiënte opgemerk.

Die regter, Noman Dacis, het gesê daar is mense wat newe-effekte ervaar het, maar niks wat deur die wetenskap bewys kan word nie. Hy het ook gesê die organisasies het nie die reg om ander mense te verhoed om die inentings te kry nie.

Regter Davis het gesê daar is geen bewys dat die inentings enige slegte nagevolge het nie.

Bronne: IOL, Moneyweb, Algoa FM

Lees ook: Vyf verdagtes in AKA-moord vandag weer in hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief