Geliefde Rain na twee jaar met haar familie herenig

Lees ook :

Foto: Skermgreep van "reel" Kloof and Highway SPCA

Druk op die skakel en kyk hoe Rain op die hereniging reageer: https://web.facebook.com/reel/1049840343235675

KWAZULU-NATAL. – Rain, die troetelhond van die Collings-familie, is na twee jaar deur Kloof and Highway SPCA met mekaar herenig.

Die troetelhond was nie net hulle hond nie, maar een met sterk bande in die Collings-familie, wat graag met die kleinkinders bal gespeel het. Op die dag, twee jaar gelede, wat Rain weggeraak het, het die familie na haar begin soek. Hulle moes onder andere hoor iemand is met Rain gesien en nog iemand het gesien hoe ‘n hond wat soos Rain lyk, verkoop is.

Rain was weg en die gesin het verlang. Maar die storie het ‘n goeie einde.

Sipho Mkhize, die DBV-veldbeampte van Kloof and Highway SPCA, het op 9 Julie ‘n oproep gekry oor ‘n “rondloperhond” wat in ‘n pad gekry is. Mkhize het ondersoek ingestel en met aankoms by sy basis is ontdek die hond het ‘n skyfie (chip).

Die Collings-familie is laat weet en na twee jaar is hulle met Rain herenig.

Kyk jy na die video-opame in die skakel kan jy sien hoe gelukkig Rain en die Collings-familie met die hereniging is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief