KWAZULU-NATAL. – Vyf lede van ‘n gesin, met ’n driejarige en ’n twee maande oue baba, is Sondagaand in ’n noodlottige botsing tussen ‘n bakkie en ‘n motor naby die Dokodweni-brug op die R66 buite Gingindlovu dood.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê sewe ander persone is in die botsing beseer. Die kinders wat in die botsing beseer is, is onderskeidelik twee, vier, sewe en 14 jaar oud. Die beseerdes is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer, waarna hulle na nabygeleë mediese fasiliteite vervoer is.
IPSS Medical Rescue het medelye met die afsterwe van die beseerdes uitgespreek en ook die brandweerdienste van Umlalazi en Mandeni, ander ambulansdienste en RTI Gingindlovu vir hul samewerking op die toneel bedank.





