LIMPOPO. – ‘n Man, sy vrou en hul twee minderjarige kinders is Dindagoggend uit die hande van hulle beweerde ontvoerders gered. Lt.genl. Thembi Hadebe, polisiewoordvoerder, het die optrede van ‘n multi-dissiplinêre span vir hul vinnige en doelgerigte optrede geprys.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê luidens ‘n verklaring ‘n ontvoeringsaak is Dinsdag in die vroeë oggendure in Mareseleng aangemeld. Hadebe het opdrag gee vir ‘n ondersoek om die verdagtes vas te trek. Volgens die voorlopige ondersoeke het drie vermomde verdagtes met vuurwapens die slagoffers se woning betree. Die gesin is na bewering vasgebind en in hulle eie VW Polo-luikrug ontvoer.
’n Ontvoeringsaak is by die Burgersfort-polisiekantoor geopen. Danksy vinnige optrede is die slagoffers omstreeks 06:00 ongedeerd op ’n plaas in die Modjadjiskloof-polisiëringsgebied gevind en gered.
Die polisie se ondersoek duur voort.