Vermiste Knysna-man (81) dood by Kaaimanspas gevind

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Gert Hills (81) van Knysna wat op 18 Julie as vermis aangemeld is, is dood by Kaaimanspas, naby die afrit na Victoria-baai in George, gevind. George-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die polisie het Woensdag inligting oor ‘n voertuig wat in die bosse onderaan ‘n krans opgemerk is, van die publiek ontvang. Nooddienste en vrywilligers, wat deel van die soekspan was, is na die toneel ontbied. Teen ongeveer 23:00 het nooddienste daarin geslaag om die liggaam van die oorledene, wat reeds in ’n vroeë stadium van ontbinding was, uit die voertuig te haal.

’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van Hills se dood te bepaal. Omstandighede rondom sy verdwyning word ondersoek.

Genl.maj. Phumzile Cetyana, Tuinroete distriks-kommissaris, het die soekspan vir hul toewyding en vasberadenheid gedurende die soektog, geprys. Dank en waardering is teenoor die breër publiek vir hul ondersteuning uigespreek, asook individue wat hul persoonlike hulpbronne vir die soektog beskikbaar gestel het.

Lees ook hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief