Geweldsmisdade in Soshanguve word aangespreek

Lees ook :

Vyfjarige tydens beweerde kaping doodgeskiet. Foto's: X

GAUTENG. – Planne om geweldsmisdade wat aan die toeneem is, te bekamp, word vandag in Soshanguve deur die polisie bekendgemaak.

Lirandzu Themba, woordvoerder vir die polisieminister en lt.kol. Mavela Masondo, sê in ‘n gesamentlike verklaring die gemeenskap van Soshanguve en omliggende gebiede lewe in vrees. Ditebogo Phalana (5) is Vrydag in ‘n kaping van sy pa se voertuig doodgeskiet.

Bheki Cele en genl. Fannie Masemola bring vandag ‘n besoek aan die gebied. ‘n Inligtingsessie met misdaadanalise van die polisiëringsgebied met die gemeenskap se betrokkenheid sal om 12:30 by Block P Park, Jukulyn, Pretoria plaasvind. Die imbizo is om dringende ingryping deur die polisie aan te kondig om die toenemende geweldsmisdaad te voorkom en te bekamp.

Ditebogo Phalane se familie sal ook vandag om 11:30 besoek word. ‘n Moord-en-kapingsaak is geopen. ‘n Mannejag om die skuldiges op te spoor, is deur die polisie geloods.

Lees ook hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief