Oor die afgelope sewe maande en in die eerste jaar van FiND iT in Kimberley het Michael Hawthorne ’n totaal van 432 artikels vir FiND iT in Kimberley neergepen.
Michael se heel eerste artikel as joernalis, Noord-Kaap SAPS bied Nasionale bergfietskampioenskap aan, is op 27 Augustus 2018 gepubliseer.
Nuwe ondervinding en ervarings
Hawthorne sê: “Ek het in die afgelope jaar baie nuwe mense ontmoet wat ek andersins nooit sou raakloop nie. Ek was ook bevoorreg om onder andere die minister van polisie, Bheke Cele, asook brig. Mohale Ramatseba, die provinsiale hoof van koöperatiewe kommunikasie van die polisie in die Noord-Kaap, te ontmoet.”
“Ek het in die afgelope jaar baie nuwe plekke besoek. By een geleentheid het ek Riverton-watersuiweringsaanleg besoek en was verras om te sien hoe ons stad se water voorberei word. Ek het op ’n ander geleentheid ’n mediese trein besoek.”
“Ek het gesien hoe ’n trein uitbrand. Ek was daar toe die voormalige burgemeester van Kimberley, Mangaliso Matika, se foto van die portaal-muur by die Sol Plaatje-raadsaal verwyder is. Ek het gemeenskapsvergaderings bygewoon en ook die meeste van die betogings en protesaksies in Kimberley gedokumenteer.”
Dit is ’n voorreg om nuus aan die gemeenskap te lewer
“Elke hartseer, hoop, vreugde en verrassing in die ondersoek van nugtere feite van elke storie het my geslyp en geïnspireer. Dit is daarom ’n voorreg om nuus aan die gemeenskap van Kimberley te kan bring,” sluit Hawthorne af.
Merkwaardige artikels geskryf deur Michael Hawthorne:
- Buffels van Dronfield word herplaas om nuwe troppe te stig
- Witrug-aasvoëls in gevaar van uitwissing
- Kimberley weer Saterdag sonder water – maar damme is vol
- Tragiese ongeluk ontneem dogter van haar ma
- 62 sokkerlede in ongeluk, speel volgende dag
- Flamink-tragedie weens menslike inmenging
- Man neem eie lewe na die dood van sielsgenoot
- Volledige 106-verslag van ondersoek vrygestel
- Brandstigters vernietig glo 4000ha weiveld
- Crawford Estate sedert 2014 onvoltooid
- Kriminele in Kimberley moet lig loop – minister van polisie
- Mediese dienste vir almal
- FiND iT versterk band met Kimberley-polisie