Zoë gaan huis toe

Lees ook :

Zoë Uithaler (10), wat byna twee weke lank in die hospitaal was nadat sy bo-op ’n swaai geval het, is Vrydagoggend ontslaan.

Vanoggend ontslaan

Zoë het in die hoësorgeenheid van Gariep MediClinic beland nadat sy op ’n swaai, wat nie stewig in die grond vas was nie, geval het. Sy was tot Sondag aan ’n ventilator gekoppel en is vanoggend ontslaan.

Kry behandeling

“Ek sou nie sê Zoë is al 100% reg nie, maar sy sterk goed aan,” sê haar tannie, Lauren Nyambi. “Sy is nog swak en baie angstig, maar sy kry terapeutiese behandeling.”

Alhoewel sy steeds ’n effense swelling het, is daar geen permanente skade nie. “Die dokter sê dit sal weggaan met tyd en hy is tevrede,” vertel Nyambi.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief