Google gaan data van incognito mode na hofsaak verwyder

Lees ook :

Google gaan data van incognito mode verwyder na hofsaak
Google gaan data van incognito mode verwyder na hofsaak fotokrediet: Canva

Lees ook: AKA-verdagtes vandag weer in die hof

Google het ingestem om miljarde rekords se persoonlike inligting, wat by meer as 136 miljoen gebruikers in die VSA gekry is wat incognito mode vir internetsoektogte gebruik het, te verwyder.

Dit volg na ’n hofsaak waarin hulle daarvan beskuldig is dat hulle onwettig mense se datagebruik dophou terwyl incognito mode gebruik is. Incognito mode is veronderstel om te verhoed dat enige data bymekaargemaak word.

Google het die saak beveg, tot die regter hulle versoek om die saak te skrap, geweier het. ’n Skikking is bereik wat daartoe sal lei dat Google die inligting moet verwyder.

Hulle moet ook meer prominente privaatheidsinligting gee vir internetgebruikers wat die incognito-opsie wil gebruik. Beperkings sal ingestel word op die hoeveelheid inligting wat Google kan bymekaarmaak.

Bronne: NewsBytes, NPR, Fortune

Lees ook: AKA-verdagtes vandag weer in die hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief