Gr.10-leerder dreig om bom te laat afgaan

Lees ook :

Gr.10-leerder dreig om bom te laat afgaan. Foto: Rusa

PHOENIX, KZN. – ’n Tiener (17) van hier het Saterdagaand boodskappe aan vriende gestuur waarin hy gedreig het om ’n motor met ’n bom op te blaas.

In die boodskappe het hy beweer hy het drie bomme wat hy aanlyn bestel het. Hy het selfs ’n foto van ‘n bom bygevoeg.

Een van sy vriende het die boodskappe aan ’n lid van Reaction Unit South Africa (Rusa) gestuur. Rusa het die SAPD en Umhlali SAPD se K9-eenheid in kennis gestel.

Die SAPD het ondersoek ingestel en gevind die foto is van die internet afgelaai. Dit is glo identies aan ’n bomontwerp wat vir ’n Aerosoft-speletjie ontwikkel is.

’n Plofstofspesialis het aan Rusa bevestig die foto is vals.

Die Whatsapp-boodskap wat saam met die foto gestuur is:

Bronne: Reaction Unit South Africa, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief