OOS-KAAP. – Imibongo Ntamehlo (9) is Sondag oorlede nadat sy haarself vermoedelik opgehang het.
Kapt. Welile Matyolo, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die polisie is na ‘n toneel in Nkawukazi A/A, in die Gxulu-omgewing ontbied. Met aankoms op die toneel het die meisie in die huis op die grond gelê, nadat ‘n man wat aan haar bekend was die tou gesny het. Die voorval word ondersoek.
Op sosiale media wemel dit van plasings wat sê dat sy moontlik ‘n slagoffer van boelies by haar skool was.






