Greta Thunberg beskuldig Israel van ontvoering ná seiljag onderskep is

Lees ook :

Greta Thunberg beskuldig Israel van ontvoering ná seiljag gekeer is fotokrediet: Instagram skermgreep

ISRAEL. – Die klimaatsaktivis, Greta Thunberg, het Israel daarvan beskuldig dat dit haar en 11 ander mense “ontvoer” het nadat hul seiljag verhinder is om Gasa te bereik.

Lees ook: Greta Thunberg se boot gekeer op pad na Gasa

Thunberg se beskuldiging is in ’n video op haar Instagram-blad deur die Freedom Flotilla Coalition geplaas.

In die plasing vra die koalisie dat die Sweedse regering hul burger (Thunberg) moet beskerm en dat sy geen dreigement vir Israel inhou nie. Dit voeg by dat Thunberg alle internasionale, humanitêre en menseregtewette gehoorsaam het.

Die boot was op pad na Gasa met “simboliese hoeveelheid hulp”, insluitend kos vir babas en mediese voorraad, wat hulle vandag wou aflaai.

Bronne: Instagram

Lees ook: Greta Thunberg se boot gekeer op pad na Gasa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

  1. Greta, met “simboliese” hulp? Wat maak jy daar?!!🤦🏼‍♂️

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief