Groot aantal vuurwapens en ammunisie op Langebaan-eiendom ontdek

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Die polisie se teenbende-eenheid het Donderdag omstreeks 00:40 tydens die uitvoering van ‘n beslagleggingsbevel by ‘n perseel in Dassenstraat, Langebaan, op verskeie tipes kalibers vuurwapens afgekom.

Luidens ‘n verklaring deur kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die eienaar van die perseel glo bande met ’n plaaslike bende in Kensington gehad. Met aankoms op die perseel het beamptes met ‘n Algeriese burger gepraat wat verduidelik het dat die eienaar nie tuis was nie, maar wel op ‘n plaas in Hopefield. Die eienaar is gekontak en het aangedui dat hy in die buiteland is.

Die doel van die deursoekingsbevel is aan die Algeriër verduidelik. Hy is gevra om die polisie tydens die perseel se deursoeking te vergesel. Toe beamptes die motorhuis deursoek, is vier kluise opgemerk. Een kluis het ’n sleutel gehad, waarmee die kluis in die teenwoordigheid van die Algeriese burger oopgemaak. Dit het verskeie kalibers ammunisie bevat. ’n Ander kluis is met ‘n koevoet deur die beamptes oopgemaak. Hierdie kluis het vyf .22-gewere, twee haelgewere, twee 7.65 mm-pistole, een .38 Special-rewolwer en een .22-rewolwer bevat.

Die ander twee kluise is oopgemaak, maar niks onwettigs is daarin gevind nie. Alle vuurwapens en ammunisie is na die Langebaan-polisiekantoor geneem waar dit ingeboek is. Beslag is gelê op ‘n geregistreerde .38 Special van die eienaar. Sy ander twee geregistreerde wapens, ’n haelgeweer en ’n geweer, is nie op die perseel gevind nie.

Die polisie het op een dubbelloop-haelgeweer (waarvan die eienaar oorlede is), een windbuks, twee .22-gewere sonder reeksnommers, een .22-geweer met teleskoop (waarvan die eienaar oorlede is), een .22-geweer met teleskoop (geregistreer aan Outdoor and All Pty Ltd, in Meyerton, nie as gesteel aangemeld nie), een Mossberg-haelgeweer (waarvan die eienaar oorlede is), een .38 Special-rewolwer (geregistreer in die verdagte se naam), een Mauser 7.65 mm-pistool (geregistreer aan Metropolitan Security Services, Johannesburg, nie as gesteel aangemeld nie), een Celcado-rewolwer (waarvan die eienaar oorlede is), een .22-pistool (waarvan die eienaar oorlede is), sewe magasyne en ’n verskeidenheid ammunisie, beslag gelê.

Die provinsiale kriminele rekordsentrum het ’n span gestuur om verdere ondersoek in te stel. Ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief