Lees meer hier.
INDIë. – Ajay en Anil Gupta is Vrydag borg deur die streekhof in Dehradun geweier vir hulle beweerde betrokkenheid in die saak van die beweerde selfdood van Satinder Singh Sawhney, ‘n bouer.
Ajay Gupta en sy swaer Anil Gupta het weens mediese redes vir borg aansoek gedoen, maar het hulle samewerking aan owerhede belowe. Die aansoek is nie in hulle guns beslis nie.
Girish Pancholi, die direkteur van vervolging, is deur The Times of India aangehaal toe hy gesê het die oorledene het die Guptas daarvan beskuldig dat hy gedwing is om selfdood te pleeg nadat hulle vals sake teen hom oopgemaak het.
“Anil Gupta and Ajay Gupta can approach the high court, but the case is so serious that it will be difficult for them to secure bail,” government lawyer Guru Prasad Raturi told AFP on Sunday. (Agence France-Presse (AFP))
Nuusflits het voorheen soos volg berig:
Ajay Gupta en Anil Gupta is Vrydag vir hulle beweerde betrokkenheid in die selfdood van Satyendra Singh Sahni (52) in Dehradun, Indië, in hegtenis geneem.
Sahni het glo na die twee swaers in sy selfdoodnota verwys. Hy het Vrydagoggend van die sewende vloer van ‘n gebou gespring.
Bronne: IOL en The Times of India





