Help! My man is ’n narsis

Lees ook :

Deur Ilette Coetzer vir Kerkbode

Wat as jou eggenoot ‘n narsis is? Agter ’n masker van jovialiteit en ’n breë glimlag wat “s-u-k-s-e-s” uitspel, skuil daar soms ’n man wat glo dat hy die belangrikste persoon in die wêreld is. Die mense wat die naaste aan hom is, moet deurgaans sy onblusbare ego poets. Of, as hulle dit nalaat, die ernstige gevolge dra …


Hoe weet jy jou geliefde is ‘n narsis?

“Ek het op ’n plaas grootgeword en Christo* het gereeld vir my broer kom kuier. Hy het gou my voete onder my uitgeslaan, en dit was nie lank nie of ek het voor sy sjarme, duur geskenke en toegewyde aandag geswig.

“Min het ek geweet dat daardie oorrompelende persoonlikheid bloot ’n masker was.”

Só vertel Sonet*. Hulle is ná ’n warrelwindromanse getroud. Daar was nie tyd om die “werklike Christo” beter te leer ken nie. “Sy selfvertroue en komplimente het my veilig laat voel.”

Dit was egter nie lank voordat hy sy ware kleure begin wys het nie. Sonet was te skaam om teenoor haar familie te erken dat daar probleme in hul huwelik is. Hulle sou haar in elk geval nie glo nie. Voor haar ouers en vriende was hy sy sjarmante self – net om weer in ’n humeurige buffel te verander wanneer die deure agter hulle toegaan.

LEES OOK: ‘Ek is uiteindelik vry om te wees,’ vertel vrou ná 40 jaar saam met ’n narsis

Vandag voel dit vir haar asof sy in ’n tronk vasgekeer is. Sy vertel: “’n Mens word moeg daarvoor om elke dag op eiers te loop. Ek weet nooit wanneer die bom gaan bars en wanneer hy weer oor die kleinste ou dingetjie sy humeur gaan verloor nie. Alles is altyd my skuld.”

Dit het Sonet lank geneem om te besef dat sy nie die “onnosel vrou” is waarvoor sy dikwels uitgekryt word nie.

Die onderskeid tussen iemand met ’n goeie selfbeeld en een wat ’n narsis is (ook “narsissis” genoem), is nie altyd so vanselfsprekend nie. ’n Leek sal dit moeilik kan bepaal.

Sielkundiges kan dit wel doen. Volgens hierdie kundiges kan ’n narsis trouens maklik uitgeken word; hulle beskryf hom as “iemand wat vol van homself is, wat die mense om hom manipuleer en nie regtig tussen die waarheid en leuens kan onderskei nie.”

Kortweg: ’n Narsis is verlief op homself.

LEES DIE VOLLE ARTIKEL GRATIS HIER.


Vriende van Kerkbode

Beskerm gratis, betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld. Jou ondersteuning dra by tot meer konstruktiewe godsdienstige diskoers in die kerk. Wees gerus dat jou bydraes met sorg aangewend word tot die voortsetting van betroubare kerknuus.

Kliek hier en word vandag ’n vriend van Kerkbode.


Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

3 Responses

  1. Hi,

    I am reaching out here in case my previous email didn’t go through.

    Nuusflits Com Reddit & Quora

    Right now, Reddit and Quora threads are dominating Google’s front page for buying-intent searches. When prospects research your brand or look for alternatives, they trust these peer discussions over traditional ads.
    If your brand is missing from these conversations, your competitors or random users are shaping your narrative for you.

    I run stealth visibility campaigns to fix this. We monitor high-intent discussions on both platforms, provide technical value, and naturally position your product as the top recommendation, ensuring prospects see authority instead of silence.

    You can see exactly how the strategy works here:

    Deck: https://partner.mini-clip.org/deck1

    If this looks like a fit, I’d be happy to show you a few live examples of how this applies to your specific market.

    Best,

    David

  2. What’s Happening i’m new to this, I stumbled upon this I’ve found It absolutely useful and it has helped me out loads. I hope to contribute & help other users like its aided me. Good job.

  3. You completed various fine points there. I did a search on the issue and found a good number of folks will consent with your blog.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief