Hertzogville sonder water oor munisipaliteit se kragrekening

Lees ook :

Inwoners van Hertzogville is sonder water gelaat na wanbetaling deur die Tokologo-munisipaliteit. Eskom het die kragtoevoer na die waterpompe in Christiana wat water na Hertzogville pomp, gesny.

Carina Bester, ’n woordvoerder van AfriForum, sê “Eskom het dié besluit egter hersien nadat AfriForum se takstrukture die probleem aangeroer het. AfriForum sal die situasie verder dophou om te verseker dat watertoevoer na die dorp herstel word. Eskom kan nie die gemeenskap se grondwetlike reg tot water weens die Tokologo-munisipaliteit se swak bestuur ontneem nie. Die staatstrukture moet hul probleme onder mekaar oplos en nie die gemeenskap, wat hul vir dienste betaal, te na kom nie.”

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, is dit verstaanbaar dat Eskom krag weens wanbetaling opskort, maar dit is onaanvaarbaar dat lede wat hul rekenings getrou betaal daaronder moet ly. Daarom sal die AfriForum-tak in Hertzogville, onder voorsitterskap van Petrus Meintjes, asook die Boshoff-takvoorsitter, Johan Steenkamp, voortgaan om druk op die Tokologo-munisipaliteit te pas om die Eskom-rekening te betaal. AfriForum wil graag hierdie twee mans bedank vir hul onbaatsugtige diens aan hul gemeenskappe.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief