Hoës gaan depot besoek, polisie verskerp sigbaarheid nadat busse brand

Lees ook :

Foto's: SAPD

Foto’s in berig.

MPUMALANGA. – Verskeie LUR’e gaan Woensdag die Moloto-busdepot in die Nkangala-distrik besoek, nadat 51 busse Maandagaand op verskillende plekke as gevolg van brandstigting vernietig is.

Bongani Dhlamini, van die departement van openbare werke, paaie en vervoer, asook Phindile Ranalana van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê die LUR, Thulasizwe Thomo, en die LUR, Jacky Macie, sal met die Putco- uitvoerende span samesprekings voer om ‘n oplossing vir die krisis te probeer kry en te keer dat soortgelyke insidente in die toekoms herhaal word.

Brig. Donald Mdhluli sê polisiesigbaarheid is verskerp nadat die busse uitgebrand is. Volgens rapportering het ‘n gewapende groep van 15 verdagtes in ‘n wit Toyota Quantum, geklee in swart en met vermomde gesigte, 16 busse in Kwamhlanga gebrand. In Siyabuswa is onderskeidelik 18 busse in Maphotla en 17 in Thanane tot as verbrand.

In Kwamhlanga is die werknemers na bewering met die vuurwapens aangehou en ‘n veiligheidswag wat geskiet en gewond is, is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem. In Maphotla, in Siyabuswa, het ongeveer 10 verdagtes glo ‘n veiligheidswag aangeval en aangerand, waartydens 18 busse uitgebrand is. Die veiligheidswag is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem. Ongeveer 10 verdagtes het glo ook in Thabana, Siuyabuswa, 17 busse aan die brand gesteek.

Alle rolspelers is ontbied en sake van opsetlike saakbeskadiging, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, word deur ‘n span ondersoekers, deur maj.genl. Zeph Mkhwanazi saamgestel, ondersoek. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom en so die polisie in die ondersoek behulpsaam te wees.

Nuusflits-verslaggewer Lelanie Swanepoel het vroeër soos volg berig:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief