Hond deur barmhartige samaritaan gered

Lees ook :

KIMBERLEY – Zinobia Breedt, ‘n inwoner van Kimberley, het die hond waaroor FiND iT gister berig het, tydelik ingeneem terwyl sy eienaar opgespoor word.

Breedt sê op ’n plasing op haar Facebook-blad sy het die reun op die hoek van Buchanan- en Franceystraat in New Park opgetel.

Die hond het gister in Stewartstraat in dieselfde buurt rondgeloop.

Breedt sê hulle gaan tot Vrydag vir hom sorg. Indien hulle nie sy eienaar teen môre vind nie, gaan hulle hom na die Kimberley-DBV neem.

Kry hom veilig tuis? 

Enigeen wat inligting het wat kan help om sy eienaar op te spoor, kan vir FiND iT kontak by [email protected] of http://find-it.co.za/whatsapp/michael.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief