KIMBERLEY – ’n Ondersoek volg nadat Philip Martin, ’n Kimberliet, ’n saak van bedrog teen sy werkgewer geopen het.
Martin, wat as ’n sekuriteitswag werk, het die klag ingedien nadat hy volgens sy verklaring onregmatighede by sy voorsorgfonds gevind het. Hy beweer alhoewel die geld by hom verhaal is, is dit nooit aan die fonds oorbetaal nie.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van bedrog word ondersoek nadat ’n klagte by die polisiekantoor ingedien is.
Die ondersoek duur voort, sê Tawana.