Vermeende bedrog met voorsorgfonds ondersoek

Lees ook :

KIMBERLEY – ’n Ondersoek volg nadat Philip Martin, ’n Kimberliet, ’n saak van bedrog teen sy werkgewer geopen het.

Martin, wat as ’n sekuriteitswag werk, het die klag ingedien nadat hy volgens sy verklaring onregmatighede by sy voorsorgfonds gevind het. Hy beweer alhoewel die geld by hom verhaal is, is dit nooit aan die fonds oorbetaal nie.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van bedrog word ondersoek nadat ’n klagte by die polisiekantoor ingedien is.

Die ondersoek duur voort, sê Tawana.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief