Hotel doen dit weer, 57 jaar later, teen dieselfde prys as met wittebrood

Lees ook :

Foto's: Rawdons Hotel and Brewery

KWAZULU-NATAL. – Die Rohr-egpaar wat met hulle wittebrood 57 jaar gelede in die Rawdons Hotel and Brewery tuisgegaan het, is weer deur die hotel teen toentertyd se prys van R11,03 bederf.

Die hotel sê dit was wonderlik om op die 17de Februarie die Rohrs se huweliksherdenking saam met hulle te kon vier. Met die toon van die oorspronklike kwitansie van 1968 het die hotel die egpaar vir hulle huweliksherdenking presies dieselfde prys as met hulle wittebrood laat betaal.

Rawdons het op sosiale media aangekondig dat hulle gedurende Februarie tussen ‘n Sondag en ‘n Donderdag enige oorspronklike kwitansie tussen 1954 tot 1990 sal aanvaar en die eienaars daarvan een nag se verblyf, teen die prys wat op die kwitansie is, in hulle standaardkamers teen termes en voorwaardes sal ontvang.

Nuusflits het voorheen berig van die Mckenzie-egpaar wat op hulle 55 jaar huweliksherdenking weer vir R9,08 in die Rawdons tuisgegaan het, nadat hulle op 24 Januarie 1970 hulle wittebrood daar deurgebring het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief