HPV-inentingsveldtog begin om meisies teen servikale kanker te beskerm

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die departement van gesondheid begin vandag (Maandag) met sy nasionale inentingsveldtog teen die menslike papilloomvirus (HPV) om 9-jarige meisies teen servikale kanker te beskerm. Servikale kanker bly die tweede algemeenste kanker onder vroue in die land ná borskanker.

Volgens ‘n verklaring van dié departement word jaarliks meer as 5 700 gevalle van servikale kanker in Suid-Afrika aangemeld, terwyl meer as 3 000 vroue aan verwante komplikasies sterf. Die HPV-entstof word as deel van die Geïntegreerde Skoolgesondheidsprogram by openbare skole toegedien. Sedert die aanvang van die program in 2014 is meer as 3,6 miljoen meisies ingeënt, met meer as 7,2 miljoen dosisse wat reeds toegedien is. Die departement sê die veldtog fokus hoofsaaklik op meisies in graad 5, nege jaar en ouer, om hulle vroegtydig teen die virus te beskerm. Die program sluit ook privaat en spesiale skole in.

Ouerlike toestemming word vereis voordat leerders ingeënt kan word. Opgeleide gesondheidswerkers soos verpleegkundiges, sal skole besoek om die entstof toe te dien. Die departement het ouers en voogde aangemoedig om toestemmingsvorms te onderteken om hul kinders teen ’n voorkombare siekte te beskerm.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief